Marinique


Go to content

Main menu:


Ekstra Inkomste



TREE IN AS 'N AGENT


Begin jou eie besigheid uit die gerief van jou huis!

Ek hoop jy geniet jou kuier op ons web blad en ons sal dit waardeer indien jy ons op ons e-mail laat weet of dit is wat jy graag wou sien. Ons is te alle tye bereid om aandag aan praktiese wenke en oulike idees te gee.

Tree op as `n Lingerie agent of handelaar:

  • Jy doen aansoek om as agent op te tree. Skakel vir die intree fooi.

Met jou intree pakket ontvang jy 14 artikels.
Twee 36 B bra stelletjies, een sonder en een met belyne.
Een 34 C bra / cami met belyne.
Twee 38 D bra stelletjies, sodat die groter dame kan sien daar word vir hulle ook fyn, mooi onderklere vervaardig. Al 5 is op verskillende kleure met bypassende broekies.
`n Sexy nagklere stelletjie met verleidelike "French knickers" broekie.
Gerieflike kamisool + bypassende "G-string".

  • Die materiaal waarop ons werk is in 16 kleure beskikbaar en dit is die blink lycra met bypassende kant, waarvan die hoë kwaliteit onderklere vervaardig word.


  • Jy ontang ook `n katalogus van ons Marinique Lingerie reeks. Die sketse wys die style en grotes waarin die artikels bestel kan word.


  • Enige broekie styl kan by enige bra styl gekombineer word om `n stelletjie op te maak.


  • Jy ontvang ook pryslyste en bestelvorms van al die ander artikels soos "strapless" bra`s, korsette ens. wat bestel kan word.


  • Wenke van hoe jou bemarking kan plaasvind word ingesluit.


  • Jy neem bestellings en ontvang die ½ as dep. Jy plaas die bestelling by ons en betaal ½ as dep. Ons voltooi jou bestelling en ontvang die belans van die geld voor jou pakkie ons verlaat. Jy lewer die stelletjie af nadat die dame haar bedrag ten volle betaal het. Op die manier skuld niemand mekaar enige geld nie, niemand kruip vir niemand weg nie, en die verkope kan aanhou loop.


  • Verkoops pryse: Jy doen daarmee wat jy wil!! Die besluit is joune. Aan te bevele is merk tussen 40% en 50% op afhangende van jou omgewing en kliënt se sak. `n Groter omset bring meer geld in die sak as `n te hoë winsgrens.


  • Aansoek om as agent op te tree: Ons benodig `n faks nommer of e-mail adres waarheen ons jou aansoek vorm kan stuur. Indien jy goedgekeur word en jou agent fooi inbetaal is, ontvang jy jou demonstrasie stel binne 7 dae.


  • Sukses verhaal: As jy opgewonde is oor wat jy doen, straal jy so `n positiewe beeld uit dat almal met wie jy besigheid doen ook positief sal wees.


Op `n positiewe noot groet ons, hoor spoedig van jou.

Mari and Loumi



Back to content | Back to main menu